Aktiwiteite

Wees avontuurlistig en beproef ongeveer 30km se roetes op jou bergfiets of loop in die voetpaadjies teen die hange van die mooie Langeberge. Die wat minder oefening wil he kan hul bakkies neem en tot teen die berghang ry en die proteas en fynbos geniet. Daar is ook ander roetes waar jy die fynbos en veld kan beleef. Drink water uit die bergstrome wat in fonteine in die berg ontspring. Dalk is jy gelukkig en sien van ons inheemse wild op die plaas. Daar is visarende en verskeie ander voels, verskillende bokke(bosbokke,ribbokke,duikers ens.), bobbejane, asook verskeie slangspesies en n luiperd!
Vind ons stukkie hemel op aarde! Die akkerbos, waar jy nie anders kan as om jou Skepper te vind nie en unieke plek om te gaan piekniek hou.

Visvang

Hou jy van visvang? Kom vang onder andere swartbaars en ander spesies in ons damme maar maak seker jy laat hulle weer vry.

Die damme het geen ongediertes in nie maar is wel baie diep! Kom swem , seil of roei en koel af.

Perdry

Die naburige Gasteplaas bied lekker perdry pakkette aan.