Ons het drie ten volle toegeruste huisies, Protea, Bosbok en Sonop. Almal met 2 slaapkamers waarvan 1 ‘n dubbelbed het en 1, 2 enkelbeddens. ‘n Badkamer met ‘n stort, toegeruste kombuis en ‘n lekker leefarea.
Elke huisie het n onderdak braai op die stoep. Sit rustig en kyk hoe die visse spring ,die watervoels baljaar en beleef die berg in sy volheid!