Oor Ons...

Moeg vir die stadslewe? Kom ontspan en vind weer jouself by TeenDieBerg Avontuurplaas op die plaas Oudebosch.

Oudebosch is ‘n werkende plaas aan die voet van die Langeberge tussen Heidelberg en Riversdal in die Suid-Kaap. Die plaas voorsien wol, skaap en beesvleis, wintergrane en blomme aan die mark.

Die plaas is ongeveer 900ha groot en word omring deur ‘n unieke vleiland aan die weste- en suidekant met die Langeberge aan die noordekant. Die groot biodiversiteit op die plaas sorg vir n ryk fauna en flora.

Wees avontuurlustig en ervaar die gevoel om op grondpaaie te ry en plaashekke oop en toe te maak. Wees vir ‘n slag naby aan moedernatuur en jou Skepper! Ons het drie ten volle toegeruste huisies met ‘n fantastiese uitsig oor ‘n dam en die pragtige Langeberge.

Elke huisie beskik oor twee slaapkamers, ‘n badkamer, klein kombuis en leefarea asook ‘n braai op die stoep. Daar is verskeie aktiwiteite op die plaas insluitende stap, bergfiets ry, blommekyk, visvang, roei of seil op die water en voëls dophou. Jy kan ook net terugsit, ontspan en die uitsig bewonder terwyl jy jou batterye herlaai!