TEENdieBERG

Avontuurplaas

RIVERSDAL, WES-Kaap

Welkom

TEENdieBERG avontuurplaas is ‘n familie besigheid op die plaas Oudebosch buite Riversdal. Dis ‘n ongeveer 25km grondpad en dan ook plaaspaadjies tot by die ontspan area. Kom ontspan en vind jouself weer!!

Natuurskoon

Kom en geniet die fynbos en skoonheid van die veld en berge. Dalk is jy gelukkig en sien van ons inheemse wild op die plaas. Daar is visarende en verskeie ander voels, bosbokke, ribbokke, duikers, bobbejane, asook verskeie slangspesies en n luiperd!
Daar is ook die Akkerbos, waar jy nie anders kan as om jou Skepper te vind nie en unieke plek om te gaan piekniek hou. Vind ons stukkie hemel op aarde!

Akkommodasie

Ons het drie ten volle toegeruste huisies, Protea, Bosbok en Sonop. Almal met 2 slaapkamers waarvan 1 ‘n dubbelbed het en 1, 2 enkelbeddens. ‘n Badkamer met ‘n stort, toegeruste kombuis en ‘n lekker leefarea.

Elke huisie het n onderdak braai op die stoep. Sit rustig en kyk hoe die visse spring ,die watervoels baljaar en beleef die berg in sy volheid!

Visvang

Stap Roetes

Perdry

Bergfiets Roetes

Kano en Seil

4x4

Geniet 'n Braai in die Fort

Indien jul ‘n lekker groot familie is en meer as een huisie beset gaan kuier en braai in “Die Fort” , ons lekker groot lapa met ‘n uitsig oor die dam en berg!

Kontak Ons

Waar Ons Is...